SUPER CAST SE ONTSTAAN
Ek het Super Cast in 1995 aangekoop. Tot op daardie stadium was ek nog in die beginstadium van my oewerhengel loopbaan. My grootste oorwegingsrede was dat ek in my hart oortuig was dat ek die beste hengel-aas en konsentraat firma in die land koop.
Sedert ek die firma oorgekoop het, het ek die voorreg gehad om nie minder as 6 keer Nasionale Protea/Springbokklere te verwerf nie. Die hengelaars wat verantwoordelik is vir die maak van die produkte het saam nie minder as 20 keer nasionale klere verwerf nie. Dit wil sê ons span het die land al 20 keer op nasionale vlak verteenwoordig. Ons span hengel nogsteeds aktief en gee die pas aan op baie gebiede.
Ons dra natuurlik ons vernuf oor in ander fasette soos die bou van doelgemaakte stokke. Al die grondvoere in ons reeks is deur onsself ontwerp so ook spesialis gewigte en verskeie ase.
Super Cast het ook 'n Video uitgebring wat handel oor varswater hengel. Ons mees onlangse toevoeging is 'n 2-stuk Loomis & Frankin grafietstok wat spesifiek ontwerp is om almal se sak te pas. Die stokke is beskikbaar by jou gunsteling hengelgereiwinkel en word versprei deur Akals.
Soos u kan sien is ons hengelaars in murg en been en dra u belange as hengelaar op die hart.
Ek hoop dat u die produk so sal geniet soos ons dit geniet.....